Areabestuurder
Letsitele/Hoedspruit
Die suksesvolle kandidaat sal werksaam wees vanaf die Dole-kantoor in Letsitele.
Vereistes:
• ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou of Besigheidstudies
• A minimum van 3 jaar kommersiële ondervinding in die vrugte-uitvoerbedryf of FMCG-omgewing
• Tegniese kennis in verbouing, verpakking en kwaliteitsbestuur van sitrus
• Rekenaarvaardigheid
• GlobalGap en Haccp
• Uitstekende interpersoonlike verhoudinge en kommunikasievaardighede
• Goeie entrepreneuriese vaardigede
• Vermoë om verskeie take uit te voer sonder om fokus te verloor
• Proaktief
• Goeie onderhandelings- en oorredingsvermoë
• Goeie analitiese vermoë en aandag aan detail
• Vermoë om plaaslik te reis.
Sleutelprestasie-areas sluit onder andere in:
• Werwing van vrugte in die Letsitele/Hoedspruit-omgewing
• Skakel tussen produkbestuurders wat in die Wes-Kaap gebaseer is en die produsente/verskaffers
• Implementering en handhawing van vruggehalte en voedselveiligheid
• Versekering dat operasionele en logistieke prosesse ooreenkomstig met die marktoewysings en verpakkingsinstruksies uitgevoer word
• Handhaaf van goeie verhoudings met die sleutel-rolspelers in die area
• Ontwikkel en behoud van werwingsteikens (volumes en produk) in die omgewing.
Stuur asb u aansoek, waarin u verwagte vergoeding aangedui word, via e-pos
NB: Ons sal slegs terugvoer gee aan kandidate wat op die kortlys is.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Desember 2015