Powered by Blogger.

Labels

Tanzania NGO JOBS Kenya Agriculture Health - Medical Jobs Consultancy FINANCE JOBS MOZAMBIQUE South Africa United Nations - Les Nations Unies Ethiopia Rwanda Administration Zambia Ghana Zimbabwe Malawi Engineering Jobs Angola Education Jobs NIGERIA Uganda Namibia South Sudan Tunisia Botswana Monitoring and Evaluation Sudan Liberia Senegal Sierra Leone EGYPT Lesotho MEDIA - PUBLICATIONS Swaziland Human Resources MADAGASCAR Somalia Algeria Libya Mali ACCOUNTANT Mauritania Project Management Scholarships for Africans Burundi AfDB - African Development Bank Djibouti FREIGHT - AVIATION JOBS Guinea Logistics - Transport Burkina Faso Maroc - Morocco Peace and Security Republic of Congo TOGO Benin Cote d'Ivoire Law - Legal Jobs Research Jobs WHO World Health Organization Cameroun Gambia Seychelles Niger Central African Republic Sales Jobs Volunteers AU African Union ECOWAS Environmental Jobs Equatorial Guinea Eritrea ICT JOBS International Organization for Migration Procurement Jobs Internships USAID Climate Change FAO Food and Agriculture Organization Gabon Mauritius - Maurice TCHAD - CHAD Congo FOOD AND NUTRITION JOBS MINING JOBS Save the Children Cape Verde EAC East African Community TELECOMMUNICATION JOBS Teaching Jobs Comoros Information Technology Software Engineering WFP World Food Programme BANKING JOBS SADC Southern African Development Community United States Embassy World Vision ILO International Labour Organization NEPAD Réunion Sahrawi Arab Republic SaoTome and Principe UNECA Economic Commission for Africa University Jobs Western Sahara

Tuesday, December 22, 2015

Direkteur: Infrastruktuurdienste

by Unknown  |  at  2:24 PM

Direkteur: Infrastruktuurdienste
‘n Geleentheid bestaan vir ‘n bevoegde persoon gestasioneer in Swellendam, op voorwaarde dat die geskikte kandidaat ‘n 7-jaar vastetermyn dienskontrak teen ‘n totale-koste-vir-die-Munisipaliteit vergoedingspakket ten bedrae van R724 816 tot ‘n maksimum van R931 906 per jaar (onderhandelbaar) en ‘n afsonderlike jaarlikse prestasieooreenkoms onderteken en alle finansiële belange verklaar. Aansoekers sal ook aan sekuriteitskeuring onderwerp word en ‘n formele evalueringsproses deurloop. Aansoekers moet hul vergewis van die bepalings van die Regulasies op die aanstelling en diensvoorwaardes van Senior Bestuur, 2014 en meer spesifiek regulasie 11(4) en (5) ten opsigte van diskwalifikasies.
Kwalifikasies en ondervinding:
• ‘n Erkende B-graad in Ingenieurswese/BTech: Ingenieurswese of gelykwaardig
• ‘n Sertifikaat in Munisipale Finansiële Bestuur (SAQA-kwalifikasie ID-nr 48965) vir Senior Bestuurders van Munisipaliteite in ooreenstemming met regulasie 493, 2007 Plaaslike Regering: Munisipale Regulasies vir minimum vlakke van bevoegdhede. Kandidate met uitsonderlike kwalifikasies en/of ondervinding in die relevante veld wat nie voldoen aan die genoemde minimum kwalifikasie nie mag steeds aansoek doen en sal oorweeg word vir die pos, onderhewig daaraan dat vooraf goedkeuring en/of kondonasie van die Nasionale Minister verkry word; hierdie goedkeuring en/of kondonasie sal deur ‘n onafhanklike proses deur die Swellendam Munisipaliteit geïnisieer word
• Ten minste 5 jaar ondervinding op middelbestuursvlak of as program-/projekbestuurder. Ten minste 3-4 jaar moet professionele/bestuursvlak ingenieurswese bestuurservaring insluit
• Bewese bewysbare suksesvolle institusionele transformasie in die openbare sektor.
Kennis:
• Goeie kennis en begrip van toepaslike beleid en wetgewing
• Goeie kennis en begrip van institusionele beheerstelsels en prestasiebestuur
• ‘n Uitgebreide kennis van die openbare sektoromgewing
• In staat om ingenieurswese meesterbeplanning, projekbestuur en implementering te formuleer.
Bykomende voordeel:
‘n Sertifikaat van Bevoegdheid soos vereis ingevolge die Algemene Masjinerieregulasies, 1988; of registrasie by ‘n erkende relevante ingenieurswese professionele liggaam.
Ander vereistes:
• Goeie kommunikasie-, finansiële bestuurs-, leierskaps-, onderhandelings- en probleemoplossingsvaardighede
• ‘n Kode B bestuurslisensie
• Bedrewe rekenaarvaardigheid.
Sleutelprestasie-areas: Soos per die posbeskrywing van die pos wat op aanvraag beskikbaar is.
Navrae kan gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Mnr Cecil Africa by (028) 514-8500.
Aansoeke moet op die amptelike aansoekvorm, wat beskikbaar is by die Munisipaliteit of op die webblad (www.swellenmun.co.za) ingedien word tesame met ‘n CV, dekbrief, verwysings en gewaarmerkte afskrifte van alle kwalifikasies, ID-dokument en bestuurderslisensie. Aansoeke gemerk “Aansoek: Direkteur Infrastruktuurdienste” moet gerig word aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne, Swellendam Munisipaliteit, Posbus 20, Swellendam 6740.
Sluitingsdatum en -tyd: Vrydag, 29 Januarie 2016 om 16:00
CM Africa - Munisipale Bestuurder
Swellendam Munisipaliteit, Voortrekstraat 49 (Posbus 20), Swellendam 6740
Tel. (028) 514-8500
Kennisgewingnr: HR 42/2015

Blog Archive

Proudly Powered by Blogger.